mammahart

Join the forum, it's quick and easy

mammahart

mammahart Help Center

phpBB 2 Aangeleenthede (Afrikaans)
Wie het hierdie bulletin bord geskryf?

phpBB 2 Aangeleenthede (Afrikaans)

Wie het hierdie bulletin bord geskryf?
Hierdie sagteware (in sy onveranderde vorm) is saamgestel, vrygestel en kopiereg van phpBB Groep. Dit is beskikbaar gestel onder die " GNU General Public License " en mag vrylik versprei word; sien skakel vir meer besonderhede
Terug na bo Terug na bo

Afrikaanse Internet Terme

Waarvoor staan MAN ?
Dalk is daar 'n meer toepaslike afkorting vir FAQ, maar ons gebruik huidiglik die volgende; Mees Algemene Navrae.
Terug na bo Terug na bo

Ek verskil met julle Afrikaanse terme, wat doen ek?
Hierdie vertaling van phpBB2 is gedoen deur KOMPAS Internetdiensverskaffer(ISP).
Jy kan óf ons webwerf by die volgende URL www.kompas.co.za/vertaal/ besoek, en eers meer aangaande die saak lees, óf jy kan ons vertalings afdeling direk per e-pos kontak by vertaal@kompas.co.za met jou insette, vertoë ens. Ons sal verkies as jy hulp kan aanbied, instede van ons uittrap en/of uitjou oor foute of ander sienswyses, sinsnedes ens. Stuur vir eers e-pos, webwerf nog nie aktief nie!
Terug na bo Terug na bo

Wat doen ek as ek die Afrikaanse terme nie verstaan nie?
Op die webtuiste van Kompas kan jy gaan loer na 'n woordeboek www.kompas.co.za/woorde/ wat ons opgestel het. Jy kan die woordeboek oopmaak terwyl jy aanlyn is, of jy kan dit aflaai. Dit kan op twee maniere oopgemaak word, die eerste is soos gewoonlik met die dubbel-linkerklik van jou muis, die tweede is om met die regter muis daarop te klik en dan " Open in new window " te klik met jou linker muis, dit sal 'n aparte venster oopmaak, en met enige van die metodes kan woorde naslaan, die eerste metode laat jou toe om dit enige tyd te gebruik, en met die tweede moet jy aanlyn wees.
Terug na bo Terug na bo

Inteken en Registrasie Aangeleenthede

Hoekom kan ek nie inteken?
Het jy geregistreer? Ernstig!, om te kan inteken moet jy geregistreerd wees. Is jy dalk verban van hierdie bord? ('n Boodskap sal vertoon word as jy wel verban is.) Indien wel, moet jy die webmeester of bord administrateur kontak om uit te vind hoekom dit so is. Sou jy geregistreerd wees, nie verban is, en steeds nie kan inteken, moet jy dubbel seker maak dat jou gebruikersnaam en wagwoord korrek is. Gewoonlik is dit die probleem; indien nie, kontak dan die bord administrateur - dalk is hulle konfigurasie verstellings vir die bord nie korrek nie.
Terug na bo Terug na bo

Hoekom is dit nodig om te registreer?
Jy hoef dalk nie - maar dit is vir die administrateur van die bord om te besluit of jy geregistreerd moet wees om pos te kan stuur. Hoe ookal, registrasie sal jou toegang verleen tot addisionele funksies wat nie vir gaste beskikbaar is, soos, definieerbare avatar beelde(grafika), persoonlike boodskappe, epos aan mede gebruikers, gebruikersgroep subskripsies ens. Dit neem net 'n paar minute om te registreer en dit word aanbeveel.
Terug na bo Terug na bo

Hoekom word ek outomaties afgeteken?
Wanneer jy nie met die inteken slag die blokkie Teken my outomaties in merk nie, dan sal die bord jou net vir 'n vooraf vasgestelde tydperk verbind. Dit is om te verhoed dat ander jou rekening misbruik. Om onbepaald ingeteken te bly moet jy die blokkie merk met die inteken slag. Hierdie metode word nie aanbeveel as jy vanaf 'n gedeelde rekenaar toegang kry, bv. biblioteek, internet kafee, universiteitkompleks, ens.
Terug na bo Terug na bo

Hoe verhoed ek dat my gebruikersnaam in die aanlyn gebruikers lys verskyn?
Kyk in jou profiel vir die volgende opsie, Versteek jou aanlyn status; skakel dit na Ja en dan sal jy net sigbaar wees vir die kamer se administrateur en jouself. Jy sal dan getel word as 'n verskuilde gebruiker.
Terug na bo Terug na bo

Ek het my wagwoord verloor!
Geen probleem! Aangesien jou wagwoord (jeens veiligheid) nie verhaal kan word nie, kan dit wel herset word na 'n nuwe een. Om dit te doen gaan jy na die inteken bladsy en klik op die Ek het my wagwoord vergeet skakel. Volg net die instruksies, en jy sal na minute weer aanlyn wees.
Terug na bo Terug na bo

Ek het geregistreer maar kan nie inteken!
Maak eerstens seker dat jy die regte gebruikersnaam en wagwoord ingevoer het. Sou hulle reg wees, het een of twee van die volgende dalk gebeur: die COPPA onderskraging was gesper tydens jou registrasie en jy het die Ek is onder 13 jaar oud skakel geklik tydens registrasie, dan sal jy die instruksies wat jy per e-pos ontvang het moet volg. Sou dit nie die geval wees is dit dalk omdat jou rekening nog geaktiveer moet word. Sekere borde vereis dat alle nuwe registrasies geaktiveer word, of deur jouself of deur die administrateur alvorens jy kan inteken. Met registrasie sou jy in kennis gestel gewees het mits aktivering vereis word. As jy 'n e-pos ontvang het moet jy die instruksies daarin volg; as jy nie e-pos ontvang het nie, moet jy seker maak dat jou e-pos adres geldig is. Een rede hoekom aktivering gebruik word is om die moontlikheid van roof gebruikers wat die bord naamloos wil misbruik, te verhoed. As jy seker is dat die e-pos adres wat jy gebruik het geldig is, moet jy die administrateur probeer kontak.
Terug na bo Terug na bo

Ek was al voorheen geregistreer maar kan nie meer inteken nie!
Die heelwaarskynlikste rede is dat jy: 'n inkorrekte gebruikersnaam of wagwoord (kyk na die e-pos wat jy ontvang het toe jy die eerste keer geregistreer het) ingevoer het, of die administrateur het vir die een of ander rede jou rekening geskrap. As dit jeens die laasgenoemde rede is, het jy dalk niks gepos nie? Dit is ouder gewoonte vir forum borde om van tyd tot tyd gebruikers wat niks gepos het te verwyder om sodoende die grootte van die databasis te verminder. Probeer weer registreer en raak betrokke by die besprekings.
Terug na bo Terug na bo

Gebruiker Voorkeure en Verstellings

Hoe verander ek my verstellings?
Al jou verstellings (indien geregistreerd) word in die databasis gebêre. Om hulle te verander klik die Profiel skakel (gewoonlik bo aan bladsye, maar nie op alle bladsye nie). Dit sal jou toelaat om al jou verstellings te verander.
Terug na bo Terug na bo

Die Tyd is verkeerd!
Die tye is altyd korrek; maar jy sien heel waarskynlik die tyd van 'n ander tydsone as die een waar jy jouself bevind. As dit die geval is, moet jy jou profiel vertellings aanpas na die tydsone waar jy jou bevind, bv. Suid Afrika +2, London 0, New York -6, Sydney +12 ens. Onthou asb. om die tydsone te kan verstel, soos meeste ander verstellings, alleen deur geregistreerde gebruikers gedoen kan word. As jy nog nie geregistreerd is, is hierdie die geleentheid om dit te doen, verskoon die woordspeling!
Terug na bo Terug na bo

Ek het die tydsone verander en dit is steeds verkeerd!
As jy seker is dat jy nie 'n fout gemaak het, woon jy heelwaarskynlik oorsee. Dan is dit moontlik 'n uur uit, as dit die geval is is dit jeens daglig besparings tyd soos in ander lande die gebruik is. Die bord is nie ontwerp om somer tye te stel, en dus sal jy dit self moet aanpas deur die verstellings op die profiel bladsy.
Terug na bo Terug na bo

My Taal is nie in die lys nie!
Die heel waarskynlikste rede is dat die administrateer jou taal nie geinstalleer het nie, of dat dit nog nooit in jou taal vertaal is nie. Vra vir die bord administrateur of hulle jou taal pakket kan installeer, en as dit nie bestaan nie is jy vry om 'n nuwe vertaling te skep. Meer inligting kan verkry word op die phpBB Groep se webtuiste (sien skakel onderaan elke bladsy).
Terug na bo Terug na bo

Hoe vertoon ek 'n beeld(grafika) onder my gebruikersnaam?
Daar kan twee beelde (grafika) onder 'n gebruikersnaam wees wanneer jy na pos kyk. Die eerste is 'n beeld wat met jou rang op die bord geassosieer word; in die algemeen is hulle in die vorm van sterretjies of blokkies wat aandui hoeveel posstukke jy al gepos het óf jou status op die forums voorstel. Onder dit kan daar 'n groter beeld wees wat bekend staan as 'n avatar; dit is gewoonlik uniek of persoonlik vir elke gebruiker. Dit is vir die bord administrateur om avatars te ontsper en hulle keuse van hoe die avatars beskikbaar gestel sal word. As jy nie avatars kan gebruik nie is dit die besluit van die bord administrasie en sal jy hulle moet vra vir hul redes (ons is seker hulle sal goeie redes hê!)
Terug na bo Terug na bo

Hoe verander ek my rang?
In die algemeen kan jy nie die bewoording van die rang verander nie (range verskyn onder jou gebruikersnaam in onderwerpe en in jou profiel, afhangende van die styl wat gebruik word). Meeste forum borde gebruik range om die aantal posstukke wat jy gepos het aan te toon en om sekere gebruikers te identifiseer. Vir 'n voorbeeld mag moderators en administrateurs spesifieke range hê. Moet asb. nie die bord misbruik deur onnodige pos te pos, om sodoende jou rang te vehoog -- jy sal heelwaarskynlik uitvind dat die moderator of administrateur jou postelling eenvoudig verlaag.
Terug na bo Terug na bo

Wanneer ek 'n gebruiker se e-pos skakel klik word ek gevra om in te teken.
Jammer, maar net geregistreerde gebruikers kan e-pos aan mense stuur via die ingeboude e-pos vorm (as die administrasie hierdie eienskap geaktiveer het). Dit is om kwaadwillige gebruik van die e-pos sisteem deur anonieme gebruikers te verhoed.
Terug na bo Terug na bo

Pos Aangeleenthede

Hoe pos ek 'n onderwerp in 'n forum?
Maklik -- klik die toepaslike opskrif of onderwerp waarop jy wil antwoord, daarna op die boodskap en dan op die "posantwoord" knoppie.Jy moet dalk registreer voordat jy 'n boodskap kan pos. Die fasiliteite tot jou beskikking word onderaan die forum en onderwerp skerms vertoon, regs onder op die bladsye (in die Jy kan nuwe onderwerpe in hierdie forum pos, Jy kan antwoord op onderwerpe in hierdie forum, ens. lys)
Terug na bo Terug na bo

Hoe bewerk of skrap ek 'n posstuk?
Tensy jy die bord administrateur of forum moderator is kan jy net jou eie posstukke bewerk en skrap. Jy kan 'n posstuk bewerk (partykeer net vir 'n beperkte tyd nadat dit geskep is) deur die bewerk knoppie van die verwante posstuk te klik. As iemand die pos reeds beantwoord het, sal jy 'n kort teks boodskap onder die pos sien wanneer jy terugkeer na die onderwerp, en dit sal aandui hoeveel keer jy die pos reeds bewerk het. Hierdie sal alleen verskyn as niemand geantwoord het; dit sal ook nie verskyn as moderators of administrateurs die pos bewerk het (hulle moet 'n boodskap los om te sê wat hulle bewerk het en hoekom). Neem asb. kennis dat normale gebruikers nie 'n posstuk kan bewerk nadat iemand daarop geantwoord het.
Terug na bo Terug na bo

Hoe voeg ek 'n handtekening by my pos?
Om 'n handtekening by jou pos te voeg moet jy eers een skep; dit word via jou profiel gedoen. Nadat jy dit geskep het, kan jy die Heg kandtekening aan blokkie onderaan die posvorm merk om dit by jou pos te voeg. Jy kan jou handtekening ook as verstek by alle pos voeg wat jy stuur, deur die gepaste radio knoppie in jou profiel te merk. Jy kan steeds voorkom dat jou handtekening op enkele posstukke verskyn deur die "heg handtekening aan" knoppie onderaan die posvorm te ontmerk.
Terug na bo Terug na bo

Hoe skep ek 'n meningspeiling?
Dit is maklik om 'n meningspeiling te skep -- wanneer jy 'n nuwe ondewerp pos (óf die eerste pos van 'n onderwerp bewerk, mits jy toestemming het) sal jy 'n Voeg 'n meningspeiling by vorm onder die hoof posvorm sien. As jy die vorm nie kan sien nie, het jy waarskynlik nie toestemming om meningspeilings te skep nie, óf jy probeer om dit by 'n tweede of latere posstuk te voeg. Jy moet 'n peilingsvraag invoer en tenminste twee opsies -- om 'n opsie op te stel voer jy eers die peilingsvraag in, gevolg deur die eerste opsie in die oop blokkie, hierna klik jy die Voeg opsie by knoppie en voer die tweede opsie in, gevolg deur die druk van die knoppie. Jy kan ook 'n tyd limiet vir die meningspeiling stel, 0 vir 'n nimmereindigende tydperk. Daar sal 'n limiet wees op hoeveel opsies jy kan invoer, dit word deur die bord administrateur gestel.
Terug na bo Terug na bo

Hoe bewerk óf skrap ek 'n meningspeiling?
Soos met posstukke, kan meningspeilings alleen deur die skrywer, 'n moderator of bord administrateur bewerk en geskrap word. Om 'n meningspeiling te bewerk, klik die eerste posstuk van die onderwerp aangesien dit altyd met die peiling geassosieer word. As niemand 'n stem uitgebring het nie, kan gebruikers die peiling skrap of enige peilingsopsie bewerk. Maar, as iemand reeds gestem het kan die moderators of administrateur alleenlik dit bewerk of skrap; dit is om te verhoed dat mense die peilings kan verander tydens die stem proses.
Terug na bo Terug na bo

Hoekom het ek nie toegang tot 'n forum nie?
Daar mag forums wees wat beperk is tot sekere gebruikers en groepe. Om hulle te besigtig, lees, pos, ens. moet jy dalk spesiale magtiging nodig hê, en dit kan net deur die moderator en administrateur toegestaan word, jy sal hulle moet kontak.
Terug na bo Terug na bo

Hoekom kan ek nie stem in meningspeilings nie?
; Net geregistreerde gebruikers kan in meningspeilings stem, dit is om die gekook van die uitslae te verhoed. As jy geregistreer het en steeds nie daar kan deelneem nie, dan het jy heelwaarskynlik spesiale magtiging nodig.
Terug na bo Terug na bo

Formatering en Onderwerp Tipes

Wat is BBCode?
BBCode is 'n spesiale implementering van HTML. Of jy wel BBCode in jou pos op die forum kan gebruik word bepaal deur die Administrateur. Daarby kan jy die BBCode ook op 'n per posstuk basis via die posvorm sper. BBCode styl op sig self is soortgelyk aan HTML: merkers word omring deur reghoekige hakkies [ en ] instede van < en > en dit gun groter kontrole oor wat en hoe iets vertoon word. Vir meer inligting aangaande BBCode kan jy die gids vauit die posvorm bereik, dit is 'n skakel links onderaan die posvorm.
Terug na bo Terug na bo

Kan ek HTML gebruik?
Dit hang van die administrateur af, hulle het totale beheer daaroor. As jy dit mag gebruik, sal jy vind dat daar net sekere merkers is wat werk. Hierdie is 'n veiligheidsfaktor om te verhoed dat mense die bord misbruik deur merkers te gebruik wat die uitleg kan verander óf beskadig, asook ander probleme tot gevolg kan hê. As HTML ontsper is kan jy dit op 'n per posstuk basis sper op die posvorm.
Terug na bo Terug na bo

Wat is Glimlaggies(Smileys)?
Glimlaggies, of Emosikone, is klein grafiese beelde wat gebruik kan word om verskeie gevoelens uit te druk deur die gebruik van kort kodes, bv. :) beteken gelukkig, :( beteken treurig. Die volledige lys van emosikone kan besigtig word via die posvorm. Probeer asb. om hulle nie te veel te gebruik, aangesien hulle maklik 'n posstuk onleesbaar kan maak, dan sal 'n moderator dalk besluit om uit te werk, of om die posstuk te verwyder.
Terug na bo Terug na bo

Kan ek beelde pos?
Beelde kan wel in jou pos vertoon word. Maar, daar is huidiglik geen fasiliteit om beelde direk na hierdie bord op te laai nie. Daarom sal jy moet skakel met 'n beeld wat in 'n publieke webbediener beskikbaar is, bv, https://www.een-of-ander-plek.net/my-beelde.gif. Jy kan nie na prente wat op jou eie rekenaar gebêre is, (behalwe as dit 'n publieke bediener is) nog, na beelde wat agter xx authentication mechanisms xx meganismes soos Hotmail of Yahoo posbusse, wat wagwoord beskermd is, ens. skakel nie. Om die beeld te vertoon kan jy óf die BBCode [img] merker óf die toepaslike HTML merkers (mits toegelaat) gebruik.
Terug na bo Terug na bo

Wat is Aankondigings?
Aankondigings bevat dikwels belangrike inligting en jy behoort hulle so spoedig moontlik te lees. Aankondigings verskyn aan die bokant van elke bladsy in die forum waarheen hulle gepos is. Hetsy jy aankondigings kan pos sal afhang van die toestemmings, en die word deur die administrateur verstel.
Terug na bo Terug na bo

Wat is NB! (Sticky) onderwerpe?
NB! (Sticky) onderwerpe verskyn onder enige aankondigings in die besigtigingsvorm en alleen op die eerste bladsy. Hulle is gewonlik redelik belangrik, dus moet jy hulle lees waar van toepassing op jou bord aktiwieteite. Met NB! wigtige onderwerpe, is dit die bord administrateur wie toestemming verleen om hulle te pos, ook vir elke forum.
Terug na bo Terug na bo

Wat is Geslote onderwerpe?
Geslote onderwerpe word so gestel deur, óf die forum moderator, óf die bord administrateur. Jy kan nie antwoord op geslote onderwerpe en enige meningspeilings binne hulle word outomaties geëindig. Onderwerpe word vir verskeie redes gesluit.
Terug na bo Terug na bo

Gebruikersvlakke en Groepe

Wat is Administrateurs?
Administrateurs is daardie mense aan wie die hoogste vlak van beheer oor die totale bord toegestaan word. Hierdie mense kan beheer uitoefen oor alle fassette van die bord en sluit in; toestemmings verstel, verbanning van gebruikers, skep van gebruikersgroepe en moderators, ens. Hulle het ook volle moderator bekwaamheid in alle forums.
Terug na bo Terug na bo

Wat is Moderators?
Moderators is individue (óf groepe individue) wie die daaglikse funksies van die forum beheer. Hulle het die mag pos te bewerk of skrap en onderwerpe in die forums wat hul beheer te sluit, ontsluit, skuif, skrap en te split. In die algemeen is hulle werk om te keer dat mense van die onderwerp af beweeg en nie verkeerde en beledigende materiaal pos nie.
Terug na bo Terug na bo

Wat is Gebruikersgroepe?
Administrateurs kan op hierdie manier die gebruikers in groepe opdeel. Elke gebruiker kan by verskeie groepe inskakel (hierdie verskil van baie ander forum borde) en elke groep kan individuele toegangs regte ontvang. Dit maak dit maklik vir administrateurs om etlike gebruikers as moderators van 'n forum aan te stel, of hulle toegang tot privaat forums te gee, ens.
Terug na bo Terug na bo

Hoe sluit ek by 'n Gebruikersgroep aan?
Om by 'n gebruikersgroep aan te sluit klik jy die gebruikersgroep skakel boaan (verskil met templaat uitlegging) die bladsy en dan kan jy die verskilende groepe besigtig. Nie alle groepe het oop toegang nie -- sekere groepe is gesluit en ander het selfs veskuilde lede. Sou die bord oop wees, kan jy die toepaslike knoppie klik om aansoek te doen om by die groep aan te sluit. Die gebruikersgroep moderator sal jou aansluiting moet goedkeur; hulle mag jou selfs eers vra vir redes, ens. Moet asb. nie 'n groeps moderator verpes indien jou aansoek afgekeer word -- hulle sal hul redes hê.
Terug na bo Terug na bo

Hoe word ek 'n Gebruikersgroep Moderator?
Gebruikersgroepe word oorspronklik deur die administrateur geskep en hy stel dan ook die bord administrator aan. Sou jy belangstel om 'n gebruikersgroep te begin, moet jy eerstens die administrateur kontak deur 'n persoonlike boodskap.
Terug na bo Terug na bo

Persoonlike Boodskappe

Ek kan nie persoonlike boodskappe stuur nie!
Daar is drie moonlike redes; jy is nie geregistreerd en/of nie ingeteken nie, die bord administrateur het persoonlike boodskappe vir die hele bord gesper, of die administrateur het jou persoonlik verhoed om boodskappe te stuur. Sou dit die laaste gaval wees, moet jy die administrateer probeer vra vir die rede.
Terug na bo Terug na bo

Ek kry aanhoudend ongewenste persoonlike boodskappe!
In die toekoms gaan ons 'n ignoreerings lys by die boodskap sisteem voeg. Maar vir nou, sou jy aanhoudend ongewenste persoonlike boodskappe ontvang van enigiemand moet jy die bord administrateer in kennis stel -- hulle het die magtiging om 'n gebruiker te verhoed om enige persoonlike boodskappe te stuur.
Terug na bo Terug na bo

Ek het ('n spam) of beledigende pos van iemand op hierdie bord ontvang!
Ons is jammer om dit te hoor. Die eienskappe van die e-pos vorm op hierdie bord sluit veiligheids funksies in om die versender van derglike pos te kan opspoor. Jy behoort die bord administrateur 'n afskif van die e-pos te stuur, maar baie belangrik, is om ook die kopstuk (dit bevat besonderhede van die versender) van die pos saam te stuur. Hulle kan dit dan opvolg en aksie neem.
Terug na bo Terug na bo

Hoekom is X eienskap nie beskikbaar nie?
Hierdie sagteware was geskryf en gelisensieer deur die phpBB Groep. As jy glo dit is nodig om 'n eienskap by te voeg moet jy asb. die phpbb.com webtuiste besoek en sien wat die phpBB Groep daaroor te sê het. Moet asb. nie eienskap navrae na die phpBB bord by phpbb.com pos nie, aangesien die Groep sourceforge gebruik om take vir nuwe eienskappe te hanteer. Lees asb. deur die forums om te sien wat, indien enige, ons standpunt reeds mag wees vir eienskappe en volg dan die prosedure soos daar gegee.
Terug na bo Terug na bo

Wie kontak ek aangaande skending en/of wetlike sake rakende hierdie bord?
Jy behoort die administrateer van die bord te kontak. As jy nie kan uitvind wie dit is, moet jy eerste een van die forum administrators kontak en vra wie die regte persoon is om te kontak. Sou jy steeds geen reaksie kry hoort jy die eienaar van die domein (doen 'n wieis opsporing) of, as dit op 'n vry diens hardloop (bv. yahoo, free.fr, f2s.com, ens.), die betuur of abuse departement van daardie diens kontak. Neem asb. kennis dat die phpBB Groep absoluut geen beheer het en in geen manier verantwoordlik gehou kan word oor hoe, waar en deur wie hierdie bord gebruik word. Dit is absoluut sinloos om die phpBB Groep te kontak betrekkend tot enige geregtelike (cease and desist, liable, defamatory comment, ens.) saak wat nie direk verband hou met die phpbb.com webtuiste of die onderskeie sagteware van phpBB self. As jy wel die phpBB Groep oor enige derde-party gebruik van hierdie sagteware sou e-pos dan moet jy 'n kernagtige reaksie of geen reaksie verwag.
Terug na bo Terug na bo

phpBB 2 Issues (English)

Who wrote this bulletin board?
This software (in its unmodified form) is produced, released and is copyrighted phpBB Group. It is made available under the GNU General Public License and may be freely distributed; see link for more details
Terug na bo Terug na bo

Why isn't X feature available?
This software was written by and licensed through phpBB Group. If you believe a feature needs to be added then please visit the phpbb.com website and see what the phpBB Group has to say. Please do not post feature requests to the board at phpbb.com, as the Group uses sourceforge to handle tasking of new features. Please read through the forums and see what, if any, our position may already be for features and then follow the procedure given there.
Terug na bo Terug na bo

Whom do I contact about abusive and/or legal matters related to this board?
You should contact the administrator of this board. If you cannot find who that is, you should first contact one of the forum moderators and ask them who you should in turn contact. If still get no response you should contact the owner of the domain (do a whois lookup) or, if this is running on a free service (e.g. yahoo, free.fr, f2s.com, etc.), the management or abuse department of that service. Please note that phpBB Group has absolutely no control and cannot in any way be held liable over how, where or by whom this board is used. It is absolutely pointless contacting phpBB Group in relation to any legal (cease and desist, liable, defamatory comment, etc.) matter not directly related to the phpbb.com website or the discrete software of phpBB itself. If you do email phpBB Group about any third party use of this software then you should expect a terse response or no response at all.
Terug na bo Terug na bo

Spring na: